top of page

Meet Collin Scott: The man behind "This Just In"

3 Augustus 2017Ek skop HOOR in Augustus af met 'n onderhoud met Andre Walters. Hy is 'n veteraan in radio en televisie werk. Hy is ook 'n komunikasie spesialis en kenner op die gebied van natuursake, sosiale ontwikkeling en vele ander verbandhoudende onderwerpe. As televisie en korporatiewe video vervaardiger en regiseur het hy talle toekennings, soos die NTVA Avanti Silver 1991, Committed to Progress 1990, Ad Educandum Gold 1994 en NTVA Avanti Gold Award 1991, ontvang.

Sy bekendheid strek ook verder as mede aanbieder van 50/50 die Suid-Afrikaanse natuurprogram op SABC televisie. As afgetrede radioman werk hy steeds hard en sy nuutste breinkind is 'n radioreeks "Ons Goue Jare" vir diegene oor 50. Kom ontmoet die man wat meer ure agter die mikrofoon en kamera spandeer het as wat meeste van ons agter ons motors se stuurwiele deurgebring het.

Sien jou dan.

bottom of page