top of page

My gesprek met die radiopersoonlikheid, Tossie Lochner. Sy het 40 jaar in Italië gewoon en in 2009 teruggekeer na Suid-Afrika en is tans woonagtig, met haar hondjie Tossie en lewensmaat in die jakaranda stad Pretoria. Sy is ook 'n gebore "Wolseleianer", haar eie naam vir iemand wat op Wolseley gebore is.

 

Op die ouderdom van 80 is Tossie nog vol lewenslus en haar passie vir alles wat Afrikaans is erg aansteeklik. Sy is op haar 75ste verjaardag, deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) met ʼn toekenning vir besonderse kultuurprestasie vereer. 

Dr. Danie Langer, uitvoerende hoof van die FAK het tydens die geleëntheid die volgende gesê, “Tossie het Europa toeganklik gemaak vir ʼn generasie voordat sanksies teen Suid-Afrika gelig is. Afrikaanse radio het ʼn venster op stede soos Londen, Parys, Amsterdam en Rome geopen. Tossie was een van die mense wat ʼn geestelike handelsroete gestig het waarsonder ons kultuur verseker armer sou gewees het.”  

Sy is inderdaad 'n ambassadeur wat oor baie landsgrense deure vir SA geopen het deur haar stralende persoonlikheid.

HOOR Tossie Lochner P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Tossie Lochner P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

In die episode gesels ek met Neil Thiart, 'n man wat ek al vir 'n hele klompie jare ken. Hy is 'n interessante man wat al paaie geloop het in verskeie industrieë, maar ek gesels spesifiek met hom oor sy bykans drie jaar in die Phillipynse eilande.

Hy vertel my van sy ervarings en onberinge gedurende sy verblyf daar. Hoe hy met van hoenders tot groente probeer boer het onder moeilike klimaats-en weersomstandighede. Ons gesels oor slange en ook die rotplaag wat rysoeste verniel.

Die Phillipynse eilande bestaan uit sowat 7 000 eilande waarvan 'n hele klomp onbewoon is. Hyself het op Luzon gebly waar meer as 50 miljoen mense woonagtig is. Hy gesels ook so bietjie oor die mense en die stryd teen dwelmmisbruik onder jeugdiges.

HOOR Neil Thiart P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Neil Thiart P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

'n Gesprek met die "guitar virtuoso" Richard Pryor, moet asseblief nie die man met die Amerikaanse filmstêr en komediant verwar nie.

 

Richard, ook bekend as the Pebbleman, is 'n professionele musikant en leermeester. Vanaf skooldae was hy in groepe betrokke en het sy tande geslyp op Judas Priest tot Deep Purple. Na sy weermagopleiding het hy ernstig besig geraak met sy musiek. Ongeveer 15 jaar gelede het hy by Doc John Mostert se Boulevard Blues Band aangesluit as kitaarspeler saam met die destydse lid, Dale Collins. Na Collins Boulevard Blues verlaat het, het Richard sy plek as "guitarist" volgestaan. Saam het hulle drie albums die lig laat sien. Hy het egter sowat 6 jaar gelede Pebbleman op die been gebring saam met Kevin Gibson (dromme), Rob Stemmet (bas) en die formidabele Jesse Jordan as hoofsanger.

Richard gesels oor die plaaslike musiekmark en die allerdaagse uitdagings wat manne soos hy in die bedryf teêkom. Ook oor Pebbleman en hul albumCall of Fate.

HOOR Richard Pryor P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Richard Pryor P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

My gesprek met die Hoof Subredakteur van die Kaapse ponie koerant, Die Son. JP is 'n gesoute koerantman vir meer as dertig jaar.  Hy is 'n oud-Matie wat 'n B.A. studeer het met sosiologie en staatsleer en in sy vierde jaar sy Honeurs met joernalistiek behaal het.

 

Hy het deur die jare by die Volksblad, Die Huisgenoot en Rapport werksaam gewees voordat hy uiteindelik by Die Son opgeland het.

Hier doen hy deesdae oorwegend die taalversorging van artikels en maak seker dat die koerant op standaard bly.

 

Sy groot droom was altyd om 'n radio omroeper te word en hy was ook gedurende die bestaan van Punt Radio betrokke by die stasie. Hy en Alvin Bruynders het saam 'n laatnag program behartig.

HOOR JP Nel P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR - JP Nel P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

My gesprek met 'n kennis Tana Swanepoel, internasionaal bekend as sport kamerman na jare diens by die destydse

SAUK en tans ook vryskut.

Ons stap die pad en HOOR waar dit als begin het. Na die weermag het hy as elektrisiën in die Paarl gewerk en toe besluit hy wil die lewe

deur 'n lens as kameraman ervaar. Gedurende skietwerk oor die afgelope jare het hy ook in Australië en Kanada werk gedoen,

 

Hy deel ook 'n paar staaltjies met my soos oor die meisie wat net nie vinniger kon hardloop om by sy kamera te hou nie. Ook wat sekere voorwaardes was voordat hy die FEAR FACTOR stel betreë het.

HOOR - Tana Swanepoel P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR - Tana Swanepoel P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

My gesprek met liedjieskrywer Stef Kruger, hy is 'n Afrikaanse liedjieskrywer, musikant en abstrakte skilder. Hy het al meer as 400 liedjies geskryf, waarvan verskeie treffers is. Van sy bekende liedjies sluit in Pennies op die spoor, Grassade in die   wind en Tussen jou en my. Kunstenaars soos DoziKoos KombuisBobby van Jaarsveld en Jannie Moolman het al van sy liedjies opgeneem.

Stef was vir 25 jaar lank verbonde aan die Suid-Afrikaanse Polisiediens se vermaaklikheidseenheid waar hy tromme gespeel het, maar het ook sy musiekeksamen op die dwarsfluit afgelê. Hy het verskeie pryse vir sy werk ontvang, waaronder Vonk Musiek se toekenning as beste liedjieskrywer van die jaar asook Die Orde van die Goue Pen, 'n toekenning vir buitengewone bydrae tot die bevordering van Afrikaans in 2012. Verskeie van sy liedjies is ook in die nuwe FAK-sangbundel opgeneem. 

HOOR Stef Kruger P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Stef Kruger P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

My gesprek met bankman en musikant Malcolm Ormond. Malcolm kom al van kindsbeen met musiek en het hom oor die jare bekwaam as klawerbord speler en ook kitaarspeler. Hy het al liedtjies van so vroeg as op 13 jarige ouderdom geskryf en in die buiteland suksesvol bemark. As jong musikant was hy lid van Kids Gloves, 'n 70's groep in die Kaap maar kon nie profesioneel byhou nie en het as gegradueerde die bankwese betreë.

Deesdae sal jy hom raakloop in Brackenfell waar hy saam met sy vrou 'n voorstedelike bestaan maak. Maar hy is steeds besig met sy liefde..................musiek. Hier bedryf hy 'n kompakte studio en maak sy eie opnames, ook vir opkomende kunstenaars.

HOOR - Malcolm Ormond P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR - Malcolm Ormond P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

 Ek gesels met Peter de Villiers (Geb:3 Junie 1957 in die Paarl) ‘n  Suid Afrikaanse rugby speler, afrigter en legende.

Hy het onder andere die amateurspan van Tygerberg in 1996 and 1997, asook die WP Disas in 1997 afgerig. In 1998 word hy die

WP Curriebeker afrigter en na ’n draai in die Bloubul kamp rig hy ook die Valke af. Na groot suksesse by die SA U19 and U21 kampe kry

hy welverdiende erkenning en word Springbok afrigter waar hy die Springbokke op vele suksesvolle toere lei. Tydens sy posisie as nasionale

rugby afrigter, 2008 tot 2011 sorg hy vir oorwinnings teenoor die All Blacks in New Zealand.

 

Al word sy loopbaan oënskynlik met gemende gevoelens deur kritici bejeën spreek die suksesse van De Villiers boekdele en kan geeneen 

hom sy sukses ontsê nie. Luister hoe knap vat hy nog ‘n gaping.

HOOR Pieter de Villiers P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Pieter de Villiers P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

In gesprek met motorkenner en sakeman Steve Bekker. Steve is al vir meer as twintig jaar besig met die verkoop van motorvoertuie en hy het ook 'n groot klassieke motorkolleksie.

Steve kan jou baie vertel van die moets en moenies as koper of verkoper van motorkarre wat waardevol kan wees in die aankoop van jou volgende skouperd.

Sy besigheid is in die Strand vanwaar hy twee takke bedryf. Hy is ook 'n kranige renjaer en jy sal hom baie Saterdae op Killarney, of renbane landwyd raakloop. Hierdie man se liefde en passie vir goed met wiele is benydenswaardig, kom luister saam. 

HOOR - Steve Bekker P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR - Steve Bekker P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

Ek skop HOOR in Augustus af met 'n onderhoud met Andre Walters. Hy is 'n veteraan in radio en televisie werk.

Hy is ook 'n komunikasie spesialis en kenner op die gebied van natuursake, sosiale ontwikkeling en vele ander verbandhoudende onderwerpe. As televisie en korporatiewe video vervaardiger en regiseur het hy talle toekennings, soos die NTVA Avanti Silver 1991, Committed to Progress 1990, Ad Educandum Gold 1994 en NTVA Avanti Gold Award 1991, ontvang.

Sy bekendheid strek ook verder as mede aanbieder van 50/50 die Suid-Afrikaanse natuurprogram op SABC televisie. As afgetrede radioman werk hy steeds hard en sy nuutste breinkind is 'n radioreeks "Ons Goue Jare" vir diegene oor 50. Kom ontmoet die man wat meer ure agter die mikrofoon en kamera spandeer het as wat meeste van ons agter ons motors se stuurwiele deurgebring het.

HOOR - Andre Walters P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR - Andre Walters P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00
bottom of page