top of page

Meet Collin Scott: The man behind "This Just In"

HOOR  is ‘n geselsprogram wat ek weekliks aanmekaar slaan hier in my tuis ateljee op Wolseley. Dis reg, hier vanuit die hart van die Witzenberg gesels ek weekliks met mense vanuit alle samelope van die lewe. Interessante mense wat stories het om te vertel.

 

Partymaals is dit mense wie al groot naam vir hulself gemaak het op nasionale  vlak ……….maar ek gesels ook met doodgewone mense, sout van die aarde mense. Mense wat dalks nie so bekend is nie maar deur hulle passie vir spesifieke goed diep voetspore trap. Diegene wat onbewustelik bydra tot die kwaliteit van baie se lewens, onbaatsugtig gee sonder om iets daarvoor te vra. Die program word weekliks deur my saamgestel en dan uitgesaai op Coastal Radio SA, 'n internet radiostasie (Klik op logo hieronder om te luister).

​

Mense en hul doen en late om 'n bestaan te maak is vir my interessant en boeiend. Die paaie wat hul gelei het tot die hede is vir my

fasinerend en ek deel dit so graag met die luisteraar as wat my ateljee gaste dit met my deel. Mense kan mos altyd iets leer van iemand anders, 'n Vreemdeling is immers baie maals net 'n vriend wat ek nog nie ontmoet het nie..................of wat sê ek als.

​

Luister Sondae 15:00 - 17:00 SAST op www.coastalradiosa.com of na die potgooie op die blad.

​

O ja en as jy wil deel word van HOOR, jy storie wil vertel, skiet my 'n e-pos en ek maak 'n plan.

 

bottom of page