top of page

Ek gesels met Pierre Opperman, 'n musikant en liedjieskrywer van Knysna. Die man het sy skryftalent op 'n jong ouderdom ontdek en verfyn tot waar hy 'n brons medalje in 2017 gewen het vir sy deelname aan die Global Awards. Dit vir die "Best New Artist Award" vanaf "Pirate Radio of The Treasure Coast,Florida,USA's 2011 Rock Star Contest,and Music Treasure Hunt". Met sy eie komposisie"Runaway" het hy 4.5 million stemme vanuit 75 lande en 40 netwerke ontvang. Dit het hom saam met ander in die kategorie vir "Meeste stemme" geplaas.,

HOOR - Pierre Opperman - Alwyn Mouton
00:00 / 00:00
gh2011323173257.jpg

Ek gesels met Hennie Niemand aka " Die Bosboemelaar" 'n ou Facebook vriend. Hy is 'n man wat oor landsgrense reis om te werk en ook om te ontspan. Dit om soms sy liefde vir die natuur te beleef en ook om sy stokperdjie fotografie te beoefen.

Ek wou net HOOR wie en wat Hennie is nadat ek paar jaar gelede sy fotos raak ge-Facebook het. Sonder om die jêmkwas uit te trek moet ek sê, "Die man mag fotos neem".  Hy verstaan lig en kan met die werk na hartelus.

Interessante ding wat tydens ons gesprek uitgekom het is dat hy 'n formidabele bergklimmer is en eintlik baie meer bekend behoort te wees vanweë sekere prestasies. Skakel in en HOOR wat hy te vertelle het.  

HOOR Hennie Niemand P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Hennie Niemand P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

In vanaand se HOOR gesels ek met die kleurvolle Jacques Mathese, boorling en oud inwoner van Worcestor. Hy het na vele omswerwinge as bankman deur Suid Afrika en ook die destydse Suidwes Afrika weer in sy tuisdorp tot stilstand gekom.

 

Ons gesels oor sy ervaringe in die bankwese destyds, spesifiek omdat die banke en finansieële instansies ook so dramaties verander het met die elektroniese evolusie oor die afgelope drie dekades. Die dae toe die bankbestuurder onder die top 3 beste "vriende" getel het. 'n Era waartydens ons persoonlike diens ontvang het en bankinstellings baie nader aan ons was. Toe geld nog aan 'n goudstandaard gekoppel was en die FIAT woord net aan 'n Italiaanse motorvervaardiger behoort het.

Hy gesels ook oor sy dae in Walvisbaai en Suidwes gasvryheid .

HOOR Jacques Mathese P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Jacques Mathese P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

In vanaand se HOOR gesels ek met Dirk Basson 'n plaaslike musikant vanuit Gauteng wat al diep voetspore getrap en oor vêr paaie gereis het agter sy liefde vir musiek. Dirk het na skool plaaslik opgetreë en het geleëntheid gekry om in die negentigs musiek in China te gaan maak. Na baie jare daar en verskeie toere se met ander musikante het hy rondom 2006 terug gekeer en besig hom steeds met sy passie.

Dirk vertel van sy nuutste projek, 'n plek in Krugersdorp wat hy met die hulp van 'n venoot besig is om op te bou. Dit ook om plaaslike en opkomende kunstenaars kans te gee om hul musiek na 'n gehoor te bring.

Dirk gesels oor sy eerste album en oor sy skrystyl en inspirasie. In die gesprek kom ook sy liefde vir die natuurlewe ter sprake en ook 

sy ontdekking van die spekboom wat hy nou met ywer kultiveër.

HOOR Dirk Basson P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Dirk Basson P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

In gesprek met musikant, kitaarspeler, songwriter en FB vriend J C Martins. Somtyds van Saudi Arabië en ook soms van Langebaan aan die Weskus.

Frans is gebore in die ou Transvaal en besig hom al jare met sy groot liefde.................MUSIEK. Hy het deur die jare baie kennis opgedoen tydens sy betrokkenheid by verskeie bands en het ook twee konsep albums opgeneem.

Hy is 'n professionele "methologist" en meet instrumente ensomeer vir akuraatheid, eens by SAL en deesdae in die buiteland. Hy het ook 'n BA in Teologie verwerf in Virginia in Amerika, soos hy reken, "net om dinge beter te verstaan."

Ons gesels oor sy musiek, werk en sommer ook bietjie politieke ideologie en aspirasies.

HOOR JC Martins P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR JC Martins P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

My gesprek met die sanger en liedjieskrywer, Daniël Eeuwrick a.k.a Danie Bekker. Daniël is ook 'n professionele sakeman as argitek en skepper van geboue en ander strukture.

 

Hy is alom bekend as sanger en wenner van 'n Ghoema toekenning vir sy album "Op 'n leë peron" in 2014,

 

Sy nuwe album, "Oulap se pad" is 'n voorbeeld van sy musikale veelsydigheid en met treffers soos "Oulap se pad", "Kaalvoet girls" en "Aan Uys Krige (Ingrid Jonker)" pure genot vir die luisteraar op die lang pad iewers heen.

 

Ons gesels oor sy indrukke en ondervinding as musikant en die pad vorentoe.

HOOR Daniel Eeurick P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Daniel Eeurick P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

My gesprek met Dr. Dan Roodt, skrywer, filosoof, politieke analis en mede-stigter van PRAAG (Pro-Afrikaanse Aksiegroep).

Hy is op die myndorp Springs gebore en het na skool aan die Universiteit Witwatersrand gestudeer. Hy het ses grade onder sy gordel en is verskeie tale magtig. In 1985 het hy die land verlaat en was woonagtig in Frankryk.

Sy eerste novelle, Sonneskyn en Chevrolet  is 'n anti-establishment kommentaar oor die SA sosiale gemeenskap daardie tyd. Hy het ook digwerke soos  Kommas uit 'n boomzol  1980 en Twee sinne 1985, die lig laat sien. Laasgenoemde oor die  South African Truth and Reconciliation Commission (TRC) getiteld Om die Waarheidskommissie te vergeet ('Forgetting the Truth Commission', 2001). Die novelle Moltrein, oor 'n musikant wat SA gedurende 1980 verlaat om weermagopleiding vry te spring is deur PRAAG publiseer en getuig van die wroeging waarmeë baie van ons tydens die SAW oproepstelsel meê mos worstel.

Baie beskou Dan Roodt moontlik as regs, 'n vyand van die demokrasie. Tog is sy beskouinge van die huidige politieke bestel en situasie op die man af en korrek. Hy is 'n vegter vir die voortbestaan van die Afrikaner volk en sy taal, Afrikaans. Is dit noodwendig.................verkeerd? Skakel in en besluit self.

HOOR Dan Roodt P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Dan Roodt P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00

In gesprek met die eks-SA lugmag Mirage vlieënier Arthur Piercy. Ons gesels oor sy kinderjare en ook daardie dag as 13 jarige seun to hy met sy pa na  Baragwanath Aerodrome is vir 'n lugskou. Hier sien hy die aarste keer 'n Mirage F1. Hier gebeur alles vir hom en hy som daardie gevoel en tyd so op in sy moedertaal,

“The fighter aircraft gave a display and I clearly remember when it was over, the hairs on the back of my neck stood up. I looked up at my dad and said: ‘When I am grown up I am going to fly one of those.’

Hy kon toe nooit dink dat hy dit wel sou bereik en sy droom sou verwesenlik nie. In 1977 word opgeroep vir diensplig en sluit aan by die SA Lugmag. In 1978 kry hy sy vlerke en gaan na Pietersburg vir die Mirage-kursus. Skakel in en HOOR wat Arthur my als vertel, ook oor die dag toe sy vliegtuig in 'n "dogfight" raakgeskiet is deur 'n Kubaanse vlieënier en hy 'n noodlanding by Rundu moes doen.

HOOR Arthur Piercy P1 - Unknown Artist
00:00 / 00:00
HOOR Arthur Piercy P2 - Unknown Artist
00:00 / 00:00

My gesprek met my neef en vriend Kobus Liebenberg 'n boorling van die Swartland. Ons het vir jare saam skoolgegaan en deel 'n alma mater, Swartland Hoërskool.  Kobus is al vir meer as 25 jaar woonagtig in die ou Transvaal en sweer hoog en laag dis waar hy gaan bly.

 

Hy is direk na sy 2 jaar weermag opleiding werksamig in die boedelberedderings faset van die finansieële sektor. Nadat hy vir jare direk vir die Meester van die Hooggeregshof gewerk het is hy na die private sektor

om boedels te beredder, Na jare doen hy steeds dit, handel die afgestorwenes se sake af en sien toe dat die agtergeblewenes kry wat hul toekom.

 

Gedurende ons gesprek raak ons bietjie filosofies oor sekere goed wat ons as kinders ervaar het en hy deël ook 'n mondvol kennis en kundigheid rondom testamente en boedels.

HOOR Kobus Liebenberg P1 - A J Mouton
00:00 / 00:00
HOOR Kobus Liebenberg P2 - A J Mouton
00:00 / 00:00
bottom of page