top of page

COVID-19 Alkoholsproei...GOED of SLEG?

Met al die inperkings van die Regering tydens die COVID-10 pandemie kan jy nou ook beswaarlik amper nêrens gaan sonder om met alkoholbasis sproei bespuit te word nie. Orals vermaan mediese kenners en spesialiste oor die gevare van alkohol. Spesifiek oordat alkohol jou imuniteitstelsel aftakel wanneer geabsorbeer word in die liggaam.

Niemand wonder egter of die alkohol wat op jou vel, spesifiek die hande, gespuit word nie ook maar iewers 'n pad vind en jou liggaam binnedring nie. Die vel is immers hoogs absorberend en word deur die kliere en limfvate gekoppel aan die kritiese organe in die liggaam. Bowendien asem jy ook baie alkohol dampe in gedurende die spuitproses.

So gaan ek verlede week na die plaaslike verkeersdepartement om 'n voertuig lisensie te hernieu. Word vier maal bespuit voordat ek in die ry van vyf na die toonbanke beland. 'n Kranige staatswerker spuit ooral op die toonbanke alkohol na elke klient bedien is. Die vertrek is nie goed geventileerd en na 45 minute in die ry hang daar 'n damp alkohol in die lug wat benydenswaardig is. Voel asof ek in Van Rhyns se verouderingsstoor staan. Toe ek uiteindelik by die toonbank kom voel ek half lighoofdig en die klerk lyk wasig agter die glas skerm. Voel eerder lus om 'n dop te bestel as om lisensiesake te gesels. Hoe hou alkoholiste in remissie dit uit? Gaan hul weer binnekort terug op die bottie gaan?

En dan verban hulle alkoholverkope vir 'n maand en 'n half tot watter doel wonder ek.


bottom of page