top of page

Rooikaarte laat my rooi sien

Op die ouderdom van 17 het ‘n Engelse knaap besluit dat sokker vervelig is en met die bal begin hardloop. Sederdien William Webb Ellis tydens ‘n sokker wedstryd in 1823 sommer net besluit het om die bal op te raap en daarmeë oor die veld te laat spaander, het daar baie in die populêre sport gebeur. Buiten al die verandering van die basiese reëls is dit wêreldwyd ook in die eeu ‘n groot geldsport. Niemand speel meer vir ‘n lemoen by halftyd en twee aan die einde van die wedstryd nie. Groot borgskappe wat miljoene bedra is op die spel en die rugby base se beursies het al vetter geword en nie nootwendig die spelers sin nie.

Nes in ander sportsoorte soos boks is daar ook waarskynlike gesigte agter donker brille wat vanagter eikehout lessenaars in leerstoele die gang van sake dikteer. Die politiek in die spel word seersekerlik bedryf deur die handjievol, nes met enige goeie sake onderneming. Want rugby het ‘n besigheid geword met die koms van reuse in die vervaardigings en uitsaaiwese. Mense soos Kerry Francis Bullmore Packer en ander het sport in een van die magtigste industriëe verander. Tot die rugbybaas Louis Luyt moes destyds voor hul besigheidssjarme swig net na SA die 1995 Wêreldbeker verower het. Net hierna het dinge dan ook hier drasties verander en het ons eie spelers wyer begin kyk om hulle dienste elders aan te bied. Natuurlik teen verstommende bedrae geld wat hul eenvoudig nie van die hand kon wys nie.



SANZAR (onlangs verander na SANZAAR) is in 1996 in die lewe geroep en die Argentynse; Australiese, Suid-Afrikaanse –en New Zealand unies vereniging. Dit met die oog op Super Rugby asook die Drie Nasies, onlangs verander na die Rugby Championship. Vanaf die dae van die Super 12 in 1996 tot nou het die formaat van Super Rugby sodanig verander dat ons nou met 18 spanne sit en die geld behoorlik vloei. So daar is deesdae baie meer op die spel in die kompetisie as eer en nasie trots. In 2009 was daar onmin in die huis en het SA gedreig om te onttrek. ARU CEO John O'Neill het gewaarsku dat SA die grootste verloorder sou wees en ons sou spelers verloor. Hy het ten tye onder andere die volgende te sê gehad, “The joint venture must remain intact". I have dealt with the South Africans for years in business and sport. Part of their DNA is to take it to the brink. There's a moment when they will realise they have taken it far enough." Dis duidelik uit hierdie geval dat ons nie enigsins die kitaar slaan in SANZAAR nie. Daar’s groter manne met sterker stemme agter hierdie saak en dit laat jou onwillekeurig dink aan ons posisie op baie internasionale forums en markte. Ons word oral ge-boelie en is die wêreld se slaansak. Die eens trotse Currie-beker kompetisie suig nou soos ‘n baster kalwer aan die agterspeen en kry ook nie meer werklik aftrek nie. Net nou Saterdag het ek WP teen Pumas sien speel terwyl net ‘n handvol mense gaan kyk het. Het internasionale erkenning werklik so baie vir ons beteken?



Saterdag weer was ‘n tipiese geval van duistere magte agter die skerms wat die normale gang van sake in ‘n wedstryd kan beneuk. Soos enige ander besigheid het rugby ook kliente, ons noem hulle net in die geval toeskouers. Mense wat belê in iets wat hulle glo waaruit hul ‘n geloofwaardige uitkoms van gaan kry. Die eindstryd tussen die Golden Lions en Crusaders het daardie geloofwaardigheid in die spel vir baie mense wat daarin belê het totaal laat vervaag. Die wedstryd is in die 38ste minuut in die grond in gedryf deur die waansin van enkeles om Kwagga Smith af te haal met ‘n rooikaart. Betekende dat rugby as ‘n 15 man spansport met veertien verder gespeel moes word. Om die belaglike “kaart” ideë enigsins te bespreek, komende uit die sokker sirkus, is futloos en ek mag dalks iemand laat intelligent voorkom of hopelik beledig. Rugby het reëls wat bepaal dat as ‘n persoon hom skuldig maak aan gruwelike vuilspel hy afgejaag kan word. Maar op die punt van vuilspel, daar was geen teken van dit met die Kwagga Smith voorval nie. Hy en die Nieu Zealander David Havili het vanuit albei kante van die veld ’n hooggeskopte bal gejaag. Havili het reg voor Kwagga op volspoed opgespring, geval en onbeseerd opgestaan. Kwagga het nie aan hom gepluk of gestamp nie, inteendeel hyself het net so hard neergeslaan toe die Crusader flank No. 6 vanuit ‘n duidelik onkant posisie ook teen Havili ingedryf het. My vraag bly steeds, “Was die rooikaart geregverdig?” My antwoord is ‘n luide………NEE. Hoekom Smith afjaag as die Crusader flank ook hand bygesit het. Boonop gaan Smith ook nog moet verantwoording doen aan die sogenaamde Foul Play Review Committee wat gaan bepaal of hy moet geskors word.



Nou sonder om my kristalbal uit te haal kan ek jou nou al sê wat die uitslag gaan wees…………SKULDIG. Hoe dan anders want as hy nie skuldig was nie beteken dit mos eintlik dat die Crusaders nie gewen het nie of hoe? Altans, nie regverdig gewen het nie. Sou dit die geval wees gaan ‘n stywe handdruk en Disprin niks help nie. Bowendien het meer as sestig duisend toeskouers om die veld en miljoene tuis skade gely deur vir meer as 40 minute lank na net 29 spelers te kyk. Net soom om ‘n “six pack” te koop en agter te kom dat een bottel leeg is. So ons het nie heeltemal gekry waarvoor ons betaal het nie. Raak ontslae van daai belaglike kaarte, dis immers ‘n kontaksport, en hanteer sulke gevalle na die wedstryd en straf skuldiges waar nodig. Wat het van voorkeur aan twyfel geword? Dan is daar die wonderlike ding wat hulle ‘n strafskop noem, gebruik dit eerder. En as die speller so verskriklik skurkagtig is, jaag hom af vir die res van die wedstryd en laat die span iemand anders in sy plek opstuur.



Die kliente van rugby en die Golden Lions is benadeel deur daardie verdoemende besluit Saterdag en het ‘n bitter smaak in my mond gelaat. Nes die keer met Bryce Lawrence is ons verneuk die dag toe rugby verloor en moes plekmaak vir geld.



bottom of page