top of page

Die Doos by die Winkeldeur


Staan vanoggend so teen tien voor nege voor Matrix in Belville se deur en wag dit hulle moet oopmaak sodat ek my DVD voorraad kan aanvul. Langs my staan 'n skraal vrou wat half skamerig voorkom. Ek groet haar terwyl ek teen die trappe opstap en sy glimlag skalks vir my. Miskien dag sy ek het ander gedagtes want Teazers is reg langsaan die rekenaar winkel, vir die wat weet en Bellville se bo-dorp ken. Na so drie minute sluit so 'n jong man by ons aan wat erg "nerdy" lyk. Sy oë is ietwat bloedbelope, getuienis van 'n lang nag voor sy rekenaarskerm. Alles is heel rustig wyl ons vir die personeel, wat alreeds binnekant is, wag om die winkel oop te sluit.


Nou dis waar dit gebeur. Die "Doos" dag toe op. Nee wag bietjie, laat ek re-prhase soos die Ingelse sê. Die "Groot Doos" van Belville, of dalks iewers elders daag op. Met sy deurmekaar hare, die wat nog oor is na kussingstoot die afgelope 30 jaar, pappegaaislaai gekrul oor sy verrimmpelde voorkop wat vanaf sy kroontjie tot net bokant sy neus strek sluit hy by ons aan. Ek groet hom en hy kyk my aan asof ek kollekte vra. 'n Doodse stilte heers oor ons groepie op die stoepie. Ek kyk onderlangs na die jongeling maar hy stuur hom min aan die omgewing. Die skraal bleek dame lyk min gepla en sy wonder seker of haar man die honde pille gegee het vanoggend.


Groot Doos kyk op sy horlosie en kry so 'n "ek ruik stront" uitdrukking op sy gesig. Hy trek sy selffoon uit en kyk of die tyd ooreenstem. Die volgende oomblik begin slaan hy verwoedelik met sy plathand teen die deur. Bykans soos wat se naam in die Bybel wat die rots gebliksem het totdat daar water uit gekom het. Toe uiter hy die volgende, " My whole factory has come to a standstill and these people must be thinking it is a joke". Die jongeling of bleek dun siel verroer nie 'n oog nie. Ek dag by myself, "WTF?". Dink Groot Doos ons gee werklik om of sy fabriek stilstaan? As hy so pateties is dat sy fabriek se produksie van Matrix, 'n rekenaar toebehore winkel afhang, is hy seersekerlik laer as slangkak en die mees onnutigste vorm van bestuur inj 'n lang tyd. Hy mag moontlik kwalifiseer vir 'n top pos in die stadsraad.

'n Verskrikte bleek "wanna bee goth"poppie maak die winkeldeur oop en bleeksiel slaak 'n opsigtelike sug van verligting. Groot Doos kap haar onmiddelik soos 'n wafferse "parabat" wat so pas 'n bees se rug in 'n Ovamba se kraal moer toe geval het, " Don't you have fucking watches in this store. Can't you see what time it is" ? Ek kyk op my horlosie en sien dit is twee minute oor nege. Groot Doos, ewige heer wat hy is, beduie aan bleeksiel om voor hom in te loop, en ons beweeg na binne. Hy stap in en ek sien hy gaan staan voor die papier rak. " My bliksem", dag ek. Sy fabriek staan. Miskien soek hy net kakpapier.

My hele oggend is vertroebel deur hierdie tipe mens. Wat gaan aan met ons volk? Wie de fok dink hierdie tipe mens is hy nou eintlik? Waarop maak hy aanspraak en hoekom? Ek is gatvol van mense wat dink hulle is meer as niks en op hulle afdringerige houding. "Fok u meneer." Dis eintlike wat Miss Goth vir hom moes sê toe sy die deur oopgemaak het. Hoekom? Want die kliënt is nie altyd reg nie.

bottom of page