top of page

Resep vir 'n Rustige Aandjie (18 SL)


November 29, 2011 at 8:49pm

Bestandele:

1. 1 x Bottel Brandewyn (of meer, indien baie meer dan verval die nodigheid vir die res van die bestandele)

2. 1 x Bottel Rooiwyn (of meer, of glad nie, afhangende van die eerste een)

3. 1 x Beeshaas of meer (Fillet vir die oningeligtes)

4. 1 x Groot slab sjokolade

5. 1 x Vrou(Opsioneel)

Metodiek:

Drink teen 'n stewige tempo aan die brandewyn terwyl jy die vuur aansteek en lekker musiek opsit.

Indien die vuur uitbrand alvorens jou lus vir brandewyn voltrek is, steek weer 'n vuur aan. Hierdie proses kan herhaal word totdat jy fokken honger, jags of doosdronk is.

Sodra die vuur, of jy gereed is, skroei die beeshaas na smaak.

Voordat jy die beeshaas begin eet maak die bottel rooiwyn oop en nuttig saam met die vleis. Hou bietjie rooiwyn of brandewyn oor vir die nagereg.

As die vleis op is en jy het jouself gewas dan eet jy die sjokolade saam met van die rooiwyn, of brandewyn.

As jy hierna nog ander luste het gebruik die vrou hiervoor. Hier moet ek egter 'n waarskuwing byvoeg dat dit selde indien ooit so uitwerk.

Gaan slaap dan maar in elk geval. (Stort die volgende oggend na 'n draai by die groot stoel)

bottom of page